Dawid Kruiper

Rolbos haal vandag sy hoed af vir Dawid Kruiper, die man wat liewers ‘n Boesman as ‘n San wou wees. Met sy heengaan het die mense van die Kalahari – of ons nou van San of Boesman praat, ‘n gerespekteerde leier verloor.

Dawid, Rolbos wens jou groen velde, vars fonteine en mooi seisoene toe. Mag jou pad in die Ewigheid jou beloon vir ‘n leeftyd se arbeid om jou mense te beskerm. En ons harte gaan uit na die Kruiper familie, wat ‘n sonderlinge man verloor het.

Ons wonder saam met jou oor die skielike erkenning wat die regering aan jou gee – met die luukse begrafnis – terwyl jou mense soveel meer nodig het. Mens sal seker nooit weet wat die politici se agenda is met hul optrede nie. Na al die jare se miskennig en verwerping gee hulle, oplaas en te laat, eer aan die man wat gepleit het vir ‘n beter bestaan vir sy mense. Ten spyte van die politiek, het jy gewys daar is hoop. Jy het gemaak dat mense in die land – en in die wêreld – vir jou en jou mense met meer respek bejeën.

Dit gee ons ook hoop, selfs hier op Rolbos.

Soos julle, Dawid, is ons ook maar ‘n klein en miskende groepie mensies. Ons weet hoe dit voel om nie gereken te word nie. Miskien, Dawid, dra hierdie droë woestynwind die belofte van ‘n bui reën. Miskien is jou begrafnis die begin van ‘n nuwe, beter seisoen vir die klein mensies in die land.

Ag, ons weet, Dawid.

Maar soos jy kon droom oor ‘n beter toekoms, so wil ons ook. Bitter graag.

Op Rolbos het ons nie ‘n vlag om halfmas te hang saam met die ander vlae in die land nie. Maar ons het hoede. En vir jou staan ons kaalkop onder die Kalahari son.

Ons groet jou…

3 thoughts on “Dawid Kruiper

  1. Francois Lee

    Beter kon ek dit nie gesê het nie. ‘n Merkwaardige man, getrou aan sy mense en hulle drome en verwagtinge. Ek betreur ook die skielike erkenning wat die regering aan hom verleen…Ek hoop egter dat ‘n teken is dat hulle die Khoi en die San hulle regmatig deel van ons mooi land sal laat smaak. Rus sag, Ou Grote!!

    Reply

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s